Die geskenk van gehalte-onderrig aan jou kind – verbeter jou spaargeld vir jou kind se tersiêre onderrig met die Fundisa-fonds.
Die Fundisa-fonds is 'n toegewyde onderrigspaarrekening met 'n unieke bonuskenmerk. Die bonus is 'n bykomende bedrag van 25% van jou spaargeld – tot 'n maksimum van R600 per jaar – wat jaarliks by jou spaargeld gevoeg word. Die bonus word moontlik gemaak deur 'n gesamentlike onderneming tussen die staat en verskeie effektetrustmaatskappye en is bedoel om jou te help om 'n geakkrediteerde kwalifikasie van hoë gehalte vir jou kind of 'n leerder van jou keuse by 'n openbare kollege of universiteit te kan bekostig.
Begin nou spaar
Klik hier om meer oor Fundisa uit te vind.
Klik hier om uit te vind hoe om 'n Fundisa-spaarrekening te open.
Klik hier om 'n Fundisa-fondsaansoekvorm af te laai.


