Saturday, 31 July 2010

How does Fundisa work?

  • You will receive a bonus each year as a reward for saving for a child’s education. The amount of the bonus can be as much as 25% (one quarter) of the money you save each year, to a maximum of R600 per child.
  • This means that if you save R100 a month for a year (R1200 a year), you will get another R300 a year towards paying for your child’s education.
Print PDF
Back to previous page

[graphic: question mark symbol]

Hoe werk Fundisa?

  • Jy sal elke jaar 'n bonus ontvang as beloning omdat jy vir 'n kind se onderrig spaar. Die bonusbedrag kan soveel as 25% ('n kwart) wees van die geld wat jy elke jaar spaar, tot 'n maksimum van R600 per kind.
  • Dit beteken dat, as jy 'n jaar lank R100 per maand (R1 200 per jaar) spaar, jy nog R300 per jaar sal kry om vir jou kind se onderrig te betaal.
  • Daar is geen perk op die getal mense (beleggers) wat namens een leerder kan spaar nie. Die meeste wat egter per jaar as 'n bonus vir elke leerder toegeken kan word, is R600, ongeag die getal beleggers.
  • Om die maksimum bonus van R600 te ontvang sal die belegger altesaam R2 400 per jaar moet spaar.
  • Die staat en effektetrustmaatskappye het ingestem om 'n driejaarloodsprojek te ondersteun om te bepaal of jy vir jou kinders se onderrig wil spaar. Die bonus word dus aan beleggers toegeken op die grondslag dat dié wat eerste is, die eerste is om die beloning te ontvang. Mense wat dus eerste deur 'n Fundisa-fondsrekening geld spaar, sal eerste die kans kry om die beloning te ontvang, aangesien die bonuspoel vir die loodsprojek beperk is.
  • Die bonusgeld behoort nie aan jou nie – dit kan net gebruik word deur die leerder vir wie se onderrig jy spaar.
  • As jy geld uit jou Fundisa-fondsrekening moet neem, kan jy, maar dan sal jy die 25%-bonus verloor wat jy sou ontvang het. As jy jou geld moet neem, sal dit twee werksdae duur voordat jy jou geld ontvang van die effektetrustmaatskappy of bank waar jy jou Fundisa-fondsrekening geopen het.
  • As die leerder kies om nie verder te studeer nie, sal jy die bonusgeld verloor, tensy jy 'n ander leerder in sy/haar plek kies.
  • As die bonus nie gebruik word om vir 'n leerder se studies te betaal nie, sal jy dit verloor.