Back to previous page
Wie kan 'n Fundisa-fondsrekening open?
- Enige Suid-Afrikaanse burger of permanente inwoner wat wil help met die onderrig van iemand vir wie hy/sy omgee, solank die leerder 'n Suid-Afrikaner is.
- Jy hoef nie aan die leerder verwant te wees nie en jy kan enige leerder van jou keuse borg.
- Jy moet 'n Mzansi- of ander transaksiebankrekening en 'n groen strepieskode-identiteitsboek hê.
- Al die geld wat jy spaar, behoort aan jou totdat dit oorbetaal word aan 'n openbare kollege of universiteit wat deur die Nasionale Finansiële Bystandskema vir Studente (NFBSS) erken word. Die NFBSS is die staatsagentskap wat verantwoordelik is om die onderriginstellings te betaal.
Dit is belangrik dat jy nie kontant oorhandig aan enige ander persoon as die effektetrustmaatskappye of banke waar jy 'n Fundisa-fondsrekening kan open nie. Maak altyd seker dat jy 'n kwitansie kry vir enige kontant wat in jou Fundisa-fondsrekening gedeponeer word.
Watter vereistes is daar vir jou gekose leerder?
Jou gekose leerder:
- moet 'n Suid-Afrikaanse burger wees;
- moet 'n afskrif van sy/haar groen strepieskode-identiteitsboek of geboortesertifikaat verskaf; en
- moet teen sy/haar 35ste jaar begin studeer by 'n openbare kollege of universiteit wat in vennootskap met die NFBSS werk.
'n Belegger kan ook 'n Fundisa-fondsrekening open om vir sy/haar eie tersiêre onderrig te betaal.
Who can open an account?

